JIPPIE! Ons vlugte is geboek, die werklikheid skop nou eers in… nog net 58 SLAPIES! Sjoe, dit voel absoluut onwerklik. Oor 58 dae vertrek ons na Vietnam om met die grootste avontuur van ons lewe te begin. Aan die eenkant is dit nog 58 dae en dit voel soos ‘n ewigheid. Aan die anderkant is dit nog net 58 dae en daar is nog so vreeslik baie wat gedoen moet word! Waar begin mens?
Wel, enige een wat my ken sal weet dat ek altyd by deeglike beplanning sal begin (ek stel lysies op van wat ek alles moet inpak vir my twee-weke Desember vakansie - nie enige lysies nie, ‘n colour-coded, daily planned, super netjies lysie!). Maar lets face it - om ‘n plannetjie op te trek van “hoe om jou lewe vir ‘n jaar op ys te sit…” is nie sommer net ‘n plannetjie nie. Dis ‘n monster - vir my, die lysie-freek, is dit ‘n cute, fuzzy monster soos daai outjie in Monsters Inc.
My hele beplanning is darem effe vergemaklik deur my IT-nerd ou, wat my allerhande tricks geleer het (bv. Google Calender…). Ek loer elkedag na die “to do” op my calender en probeer maar om daarby te hou.
Dinge om te doen voor ons gaan:
- Kuier saam ons vriende en families
- Werk nog baie aan hierdie website
- Koop nog klomp stuff soos klein notebook, lekker plakkies, Eon se rugsak (wat ‘n nagmerrie!)
- Maak silk sleeping sheets (om bedbugs uit te hou)
- Kry iemand om ons huis te huur
- En nog baie ander admin! (te veel om hier te lys)
Op die stadium vat ons dit maar een dag op ‘n slag. Maar een ding is verseker, ons kan net nie wag vir 1 September nie! 58 slapies….